Liggewigproses

'n Liggewigproses (Engels: lightweight thread) in rekenaarwetenskap is 'n metode om 'n rekenaarprogram in een of meer samelopende take op te deel (sien ook: vurk). Liggewigprosesse en prosesse verskil van een bedryfstelsel tot die volgende, maar oor die algemeen word 'n liggewigproses in 'n gewone proses omvat. Liggewigprosesse wat aan 'n proses behoort deel hulpbronne waar gewone prosesse nie tipies hulpbronne deel nie.

Op 'n enkele verwerker geskied samelopendheid d.m.v. tydsverdeling multipleksering wat soortgelyk is aan die samelopende uitvoering van veelvuldige take (rekenaar samelopendheid): die sentrale verwerker wissel uitvoering opeenvolgend van een liggewigproses tot die volgende. Die kontekswisseling kan vinnig genoeg geskied om 'n illusie van samelopendheid te skep. Op 'n multiverwerker- of multikernstelsel kan samelopendheid van liggewigprosesse d.m.v. multiverwerking geskied, sodat onderskeie liggewigprosesse en gewone prosesse gelyktydig op verskillende verwerkers of kerns kan uitvoer.

Baie moderne bedryfstelsels ondersteun beide die tydverdeelde en multiverwerker uitvoer van liggewigprosesse d.m.v. 'n prosesskeduleerder. Die bedryfstelsel kern laat programmeerders toe om liggewigprosesse te manipuleer d.m.v. die sisteemroepkoppelvlak.

In die afwesigheid van sulke ondersteuning kan programme steeds liggewigprosesse implementeer d.m.v. tydskakelaars, seine of ander wyses wat hul eie uitvoer onderbreek en dus 'n vorm van tydsverdeling toelaat. Hierdie metodes word soms "user-space threads" in Engels genoem.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy